Op die agenda

15:00 – Die Groot “Ja”

Dis nou waar dinge amptelik raak.

Kom sit, hou trane in (of moenie), en kyk hoe twee mense hul lewens vir altyd saam begin.

15:45 – Drankies & Happies

Die paartjie gaan nou glimlag vir kameras terwyl julle glimlag met ‘n glasie in die hand.

Geniet iets koud, iets knibbel-waardig, en dalk 'n oom wat alreeds te veel sê.

17:30 – Kos & Klets

Ons gaan nie net mooi wees nie – ons gaan ook eet.

Maak gereed vir bordsnoep, broodbreek en ’n paar emosionele toesprake (ja, bring die tissues).

19:00 – Liefde op die Dansvloer

Die bruid en bruidegom open die vloer met ’n spesiale oomblik…

En toe’s dit julle beurt – van romanties tot roekeloos.

Dans soos asof niemand kyk nie

22:30 – Laaste Rondte!

Bestel daai laaste drankie – die kroeg trek binnekort ook ‘n pajama aan.

23:00 – Naguil Boma Vibes

Sluit die aand af rondom die vlamme.

Koffie, geselskap en die sterre – perfek om die dag af te sluit.